Modulekode | KRM 709 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Die kultuur van materialisme en finansiële sukses wat teenswoordig in Suid-Afrika heers, lei daartoe dat al meer ekonomies-verwante misdrywe gepleeg word. Hierdie misdrywe en meer spesifiek die kenmerke, oorsake, kostes en verskillende tipes ekonomiese misdade sal in hierdie module aandag geniet. Vanweë die feit dat groot aantal oortreders hulle vaardighede in groepverband aanwend om ekonomiese en politieke mag te verkry, word georganiseerde misdaad as belangrike komponent van die module beskou. Die struktuur, kenmerke en vorme wat georganiseerde misdaadaktiwiteite kan aanneem, sal onder die loep geneem word. Hierbenewens sal enkele ekonomiese misdade wat ook vir ekonomiese gewin gepleeg word, bestudeer word. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Maatskaplike Werk en Krim |
Aanbiedingstydperk | Kwartaal 4 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App